Tuesday 15 January 2013

Mieliebrood


2 koppies koekmeel
Halwe koppie growwe mieliemeel (braaipap) of polenta
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
1 teelepel paprika
1 blik mieliepitte gedreineer
3 groot eiers, geklits
4 sprietuie, gekap

4 eetlepels gekapte pietersielie
3/4 koppie karringmelk of jogurt

Voorverhit die oond tot 170 gradem

Meng die eerste 4 bestanddele saam. En voeg dan die res van die bestanddele daarby.  Roer alles goed saam.

Skep in 'n klein gesmeerde broodpan en bak vir 1 uur in 'n voorverhitte oond tot goudbruin.  Of verdeel die beslag tussen 4, 410g blikkies en bak vir 30 min.

Wenk:  die kasrringmelk kan met bier ook vervang word.