Wednesday 30 January 2013

Tiramisu-frambooskoek




Zetta Myburgh Pieterse
 
Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Aug/Sep 2012

Dié Italiaanse nagereg bestaan uit sponsbeskuitjies wat in koffie gedoop is en dan in lae gepak word met ’n vulsel van mascarpone-kaas tussenin. Ek het dit omskep in ’n tiramisu-fra
mbooskoek wat ideaal is vir spesiale geleenthede. Maak dit die vorige dag om seker temaak die koek stol goed.

(genoeg vir 8 – 10 (23 cm-groot koek))

(yskastyd: verkieslik oornag)
•sowat 22 boudoir-koekies(sponsbeskuitjies)
•2 rolkoeke
•200 ml room
•4 eiergele
•60 g (75 ml) strooisuiker
•500 g mascarpone-kaas
•250 ml room
•700 g vars frambose
•versiersuiker om oor te sif

Plaas die ring van ’n 20 cm-losboomkoekpan op jou opdienbord. Pak koekies styf en regop teen mekaar al om die rand. Sny rolkoeke in snye. Pak styf teen mekaar op die bodem. Sny van die snye rolkoek in stukke om die oop gate te vul. Klits 200 ml room styf met 15 ml van die strooisuiker en hou eenkant. Klits eiergele met ’n elektriese menger en voeg die res van die strooisuiker bietjie vir bietjie by. Klits tot lig en romerig. Voeg die mascarpone-kaas lepel vir lepel by terwyl die menger nog loop. Die mengsel moet styf wees – byna soos styfgeklopte room. Vou die styfgeklopte room met ’n groot metaallepel in. Skep die helfte van die mascarpone-vulsel boop die rolkoek. Sprinkel van die frambose oor en pak nog ’n laag gesnyde rolkoek. Skep res van mascarpone-vulsel bo-op. Sprinkel nog frambose bo-op. Plaas in yskas vir minstens 4 uur, of oornag. Haal uit en verwyder die ring van die losboompan. Klop die 250 ml room styf en skep bo-op. Sprinkel res van frambose bo-op en sif versiersuiker oor.