Tuesday 15 January 2013

Mieliepapmuffins


4 koppies water
1 teelepel sout
2 koppies pap (rou)
3 eetlepels olyfolie of botter
2 eiers
2 hande vol gerasperde kaas
4 eetlepels gekapte vars kruie
1 teelepel rooipeper
1 teelepel paprika
1 koppie heel mieliepitte
6 sondroogtamaties, gekap

12 kersietamaties, gehalveer

Voor verhit oond tot 200 grade.

Bring water en sout tot kookpunt.  Voeg die pap daarby en roer tot dit verdik.  Laat dit met 'n deksel op prut vir 10 min.  Verwyder dit van die hitte en laat dit afkoel.

Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap daarby.

Skep die mengsel in 'n gesmeerde muffinpan.  Skep dit maar vol, want dit rys glad nie.  Bak die muffins vir ongeveer 20 min.

Wenk:  gooi 'n hand of drie vol gebraaide spek of oorskietboerewors by en eet dit vir ontbyt.