Tuesday 15 January 2013

Gesondheids-hawermoutkoekies

4 x 250 ml Jungle Oats
750 ml klapper
250 ml meelblom
375 ml suiker
2,5 ml sout
250 ml sonneblomsaad
125 ml lynsaad
125ml sesamsaad
5 ml fyn kaneel

250 g botter
60 ml stroop
10 ml koeksoda
180 ml melk

Voorverhit oond tot 180°C.
1. Meng droë bestanddele behalwe koeksoda, saam.
2. Smelt botter en stroop saam. Los koeksoda in melk op en voeg by stroopmengsel.
3. Voeg die droë bestanddele by die stroopmengsel en meng.
4. Druk in ’n gesmeerde bakplaat.
5. Bak 25 minute lank teen 180°C.
6. Laat effens afkoel en sny in blokkies.

Maak 20 - 30 hawermoutkoekies

Wenk : Skakel die oond af maar los die koekies in die oond. Dit maak hulle heerlik krakerig!