Tuesday 29 January 2013

Koperpennie wortel slaai resep

Baie plekke het nou “specials” aan vir groente wat in seisoen is, bv. wortels – koop drie pakkies vir die prys van een, of jy was dalk so bevoorreg om ‘n goeie oes van wortels uit jou tuin te haal.  Hier is ‘n inmaak resep sodat jy die wortels kan bêre:

Koperpennie Wortelslaai Resep:


1kg wortels skoon, en in ringe gesny.
Kook vir ± 15 minute in water met 1 tl sout daarin  (Dit moet nie te sag kook nie.) 

3 medium uie in ringe gesny.
Kook vir ± 6 min.

2 Greenpeppers in kleinerige blokkies gesny.
Pak die wortels, uie en greenpeppers in lae in ‘n glasbak.

Meng:
250ml water
1 pakkie tamatie roomsop
200ml asyn
250ml suiker
125 sonneblom olie
10ml Worcester sous
7ml mostert (opsioneel)
Kook vir 5 minute saam oor ‘n lae hitte.

Gooi die warm sous oor die wortels, uie en greenpepper en meng deur. 
Skep in gesteriliseerde flesse en laat dit onderste-bo afkoel.