Renee J. van Rensburg
Nie rerig n resep nie maar sal se hoe ek dit gemaak het. Een groot ui gekerf, braai ingenoeg botter(+/-80g) vir uie en knoffel na smaak. Sodra uie amper deurskynede is voeg koekmeel by sodat hy net die botter absorbeer. Sit dan terug op plaat op no. 2/3.
Voeg melk geleidelik by tot n lekker sous. Voeg 150g biltong (of meer hangaf van "budget") sout en peper na smaak sodra sous kook maar roer gedurig anders brand dit vas. Kook pasta van keuse (macaroni of skulpies) tot al dente. Gooi water af en voeg by sous, meng goed deur op plaat vir so 2-3 min. Dien warm op saam met parmasaan kaas.
Hoeveelhede kan aangepas word vir hoeveelheid mense. Dit is n witsous met uie, knoffel en biltong.