Wednesday 16 January 2013

KITS PIESANG - YSKASTERT

Rindie Smit
 
1/2 pakkie tennisbeskuitjies in melk geweek. ( Net todat dit klam is )
1/2 kop. suurlemoensap.
6 piesangs.
1 blik kondensmelk.
1 pint [570ml ongeveer 2 kop] dik vla, gemaak van 1 pint melk met 2 eetl. hoogvol
vlapoeier.

Pak geweekte beskuitjies in bak.
Sny piesangs bo - oor.
Meng suurlemoensap en gekondenseerde melk en giet oor piesangs.
Giet dik vla oor.
Krummel van die tennisbeskuitjies bo - oor. Sit in yskas. Kan ook
met geklopte room bedien word.