Monday 28 January 2013

Karameltert




BESTANDDELE
· 2 sakkies Orley Whip
· 1 blik (360g) karamelkondensmelk
· 1 pakkie Nutty Krust
· 1 staaf (100g) peppermentsjokolade

METODE
· Knip die Orley Whip sakkies versigtig oop en plaas die inhoud in die mengbak.
· Klits.
· Sny die karamelkondensmelk versigtig oop.
· Klits dit by die Orley Whip.
· Rasper sowat driekwart van die sjokolade by en meng.
· Bedek die bodem van die tertbak met koekies.
· Smeer ’n lagievan die mengsel bo-oor.
· Pak nog ’n lagie koekies.
· Smeer die res van die mengsel bo-oor.
· Rasper die res van die sjokolade bo-oor.
· Plaas in yskas.
· Gooi al die gemorsies weg, ruim mooi op en was die skottelgoed.