Monday 28 January 2013

Ingelegde Perskes

•2,25 liter water
•230 g (360 ml) suiker
•20 geelperskes
Gooi die water en suiker in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy roer om die suiker te laat oplos. Sit die heel perskes in die kokende stroop en kook vir 10 minute.
Haal perskes versigtig uit en trek die skil af. As jy sukkel, kan jy dit met ’n mes afsny. Plaas die perskes in ’n gesteriliseerde bottel en gooi die warm stroop bo-oor. Gebruik nou ’n gesteriliseerde staalpennetjie (my ouma het ’n breipen gebruik) en druk al die lugblasies uit wat tussen die perskes gevorm het. Maak die bottel styf toe.