Monday 28 January 2013

GEELPERSKE BLATJANG

1½ kg geelperskes - geskil - pitte verwyder en fyn gekap
2 uie - fyn gekap
125 ml bruinsuiker
15 ml kerriepoeier
3 rissies
15 ml borrie
1 bottel asyn
15 ml sout of na smaak
7½ ml wonderpeper
1 klein knoffelhuisie
Plaas al die bestandele in 'n kastrol en kook tot dik.
Skep in skoon gesteriliseerde flesse en verseël.