Monday 28 January 2013

Geelperske konfyt

Geelperske konfyt

2,5 kg geelperskes
750 ml water
7 x 250 ml suiker
5 ml wynsteensuur

Ontpit en skil die perskes. Snipper dit.

Plaas perskes in ‘n kastrol en voeg die water by.
Kook die snippers ongeveer 10 minute lank totdat dit sag is.

Roer die suiker en wynsteensuur by totdat die suiker heeltemal opgelos is.
Stel die plaat laer en kook die konfyt oor matige hitte totdat dit soos dik lawa lyk. Toets of stolpunt bereik is.
Skep in warm, droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik.