Monday 28 January 2013

kerriehoender met klappermelk/room




Michael Coetzee
 
bietjie botter/olyfolie in die pan... voeg die volgende by: kerriepoeier/pasta, 2 steranys, 3 loerierblare, handvol rosyne, 3 naeltjies, gemmer, sout, swartpeper, borrie, en komyn... braai dit in die botter/olie mengsel en wanneer die pan lekker warm is, voeg 'n bietjie asyn by om die geure te laat ontsnap sodat hulle kan "trou'...
Voeg nou koppie gekapte ui by en braai saam met rou hoenderstukke tot 'n mooi kleur verkry is op hoender. Verwyder hoender uit pot en sit iewers om later te gebruik... Sit nou wortel en aartappels by en kook tot so 80% gaar... voeg hoenderstukke weer by en kook saam vir laaste 15 minute. Voeg 'n bietjie water by en 'n handvol macaroni (ja, macaroni)... die oomblik as die macaroni gaar is word die klappermelk/room bygevoeg en vir 10 minute toegelaat om te prut voordat jy opdien...