Thursday 17 January 2013

Appel-kaneelmuffins





Uit Cooking from the heart
Lewer 12 muffins
1 k (250 ml) koekmeel
1 k (250 ml) volkoringmeel
1 e (15 ml) bakpoeier
2 t (10 ml) gemaalde kaneel
½ k (125 ml) suiker
1 k (250 ml) gerasperde appels
1 k (250 ml) fyngerasperde wortels
3 eiers, geklits
100 ml lae-vet melk
½ k (125 ml) sonneblomolie
1 t (5 ml) vanieljegeursel
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ‘n 12-holte muffinpannetjie uit met muffin-papiertjies.
  2. Meng die droë bestanddele in ‘n mengbak saam. Roer die appels en wortels by tot goed gemeng.
  3. Klits eiers, melk, olie en vanielje saam. Roer die eiermengsel by die droë bestanddele tot net deur gemeng, maar wees versigtig om dit nie te veel te meng nie.
  4. Verdeel die beslag eweredig tussen die holtes en bak 15-20 minute of tot goudbruin en gaar.
Wenke
1. Meng 2 t suiker en ‘n knippie gemaalde kaneel saam en sprinkel oor die muffins voor dit gebak gaan word.
2. Versier die muffins met ‘n suurlemoen versiersel - meng ½ k (125 ml) versiersuiker met 1 e (15 ml) suurlemoensap saam en drup oor die muffins.
3. Bak die beslag in ‘n 20 cm-koekpan vir 30-35 minutes. Gebruik die versiersel in bg wenk vir ’n wortelkoek of sit dit warm as nagereg met ongegeurde jogurt voor.