Benodig jy 'n dringende kersgeskenk? Dalk vir 'n familie lid wat lief is vir sy/haar tuin?
Wat kan nou beter wees as 'n mandjie vol plante. Jou kwekery sal vir jou kan help met oulike idees en dit hoef jou nie 'n aardige bedraggie uit die sak te jaag nie. Drie plantjies in 'n mandjie of karton boksie is 'n oulike getal en jy kan dan net die mandjie versier met lint en as jy het, 'n dennebol of twee. Enige tuinier sal van so 'n geskenk hou.
Tuesday, 18 December 2012
Peusel happie of middagete tafel met min moeite
Hier is ‘n oulike idee vir min moeite in die kombuis. Jy, as gasvrou, kan dit laat lyk asof jy onthaal vir ‘n 5 ster hotel, met min moeite vir jouself. Hier is ‘n idee vir ‘n peusel happie of ligte middag ete of selfs ontbyt tafel:
JY BENODIG
Verskeie kase van jou keuse klaar gerasper (bv. Gouda, Cheddar of blokkies Feta)
Vars vrugte (bv. druiwe of spanspek in enkel happie-vorms gesny)
Kontyf (Sit ‘n keuse van minimum 2 op die tafel.)
Vakansie peuselhappie oplossing
Kerstyd en Nuwe jaar is tye waar mens somtyds ietsie soek om aan te peusel, sonder dat jy hoef hard te werk in die kombuis, en dan is ‘n kaasbord dalk die oplossing vir jou.
JY BENODIG
1 harde kaas
1 sagte kaas
1 blou kaas (Dis onnodig om bloukaas ten duurste te koop as jy weet jou gaste hou nie daarvan nie. Vervang dan eerder met ‘n interressante kaas wat dalk nuut is op die rak of wat ietsie ekstra bevat bv. Cranberries of dalk ‘n bokmelk kaas.)
Subscribe to:
Posts (Atom)