Tuesday 18 December 2012

Peusel happie of middagete tafel met min moeite

Hier is ‘n oulike idee vir min moeite in die kombuis.  Jy, as gasvrou, kan dit laat lyk asof jy onthaal vir ‘n 5 ster hotel, met min moeite vir jouself.  Hier is ‘n idee vir ‘n peusel happie of ligte middag ete of selfs ontbyt tafel:

JY BENODIG
Verskeie kase van jou keuse klaar gerasper (bv. Gouda, Cheddar of blokkies Feta)
Vars vrugte (bv. druiwe of spanspek in enkel happie-vorms gesny)
Kontyf (Sit n keuse van minimum 2 op die tafel.)
Patee (Koop sommer klaar gemaakte bakkies in die winkel.)
Koue vleis (Koop koue vleis volgens jou gesin se maak en rol dit op en plaas op n bord oorskiet boudvleis, hoender, kalkoenvleis of gammon kan perfek werk.)
Vienna Worsies (In byt-vormpies gesny)
Olywe
Tamaties (opgesny of cocktail)
Brood en/of rolletjies

Rangskik die koue vleis en worsies soos hier bo genoem op n bord.  (Gebruik wat jy in die huis het.)  Sny n paar interressante brode en plaas ook op die tafel saam met n bakkie botter.  Sit die gerasperde kaas in bakkies by die konfyt en pattees en siedaar jou tafel is reg. 

Jy staan nie ure lank en broodjies maak vir almal na gelang van hul smaak nie en almal is gelukkig want hulle kan kies en keur waarvan hulle hou.  Dis soos n hotel buffet en dit gaan jou beslis nie lank neem om voor te berei nie, maar dit gaan stunning lyk. 

Wenk:  Indien jy het pluk n paar blommetjies uit jou tuin vir jou 5 ster tafel.