Tuesday 18 December 2012

Vakansie peuselhappie oplossing

Kerstyd en Nuwe jaar is tye waar mens somtyds ietsie soek om aan te peusel, sonder dat jy hoef hard te werk in die kombuis, en dan is ‘n kaasbord dalk die oplossing vir jou.

JY BENODIG
1 harde kaas
1 sagte kaas
1 blou kaas  (Dis onnodig om bloukaas ten duurste te koop as jy weet jou gaste hou nie daarvan nie.  Vervang dan eerder met n interressante kaas wat dalk nuut is op die rak of wat ietsie ekstra bevat bv. Cranberries of dalk n bokmelk kaas.)

Om die bord dan te versier kan jy rooi en wit druiwe tussen in plaas of jy kan dit ook afrond met olywe en / of ingemaakte vye.  Gee jou gaste n verskeidenheid om van te kies en sit dalk n paar sout beskuitjies en/of interressante broodjies daarby.

Alles is so maklik soos sny en plaas op n bord.  Geen lang kook sessies in die kombuis nie en dit kan n heerlike peusel happie wees vir al die nie so honger magies na kersdag se groot ete.of dalk op oukersaand..