Friday 14 December 2012

Grenadella Yskastert

Mossie van der Merwe
1 blikkie Ideal melk
1 pakkie suurlemoenjellie
2 Eetlepels strooisuiker (castor sugar)
1 koppie kookwater
1 blikkie grenadellamoes
1 pakkie Tennisbeskuitjies
Klits die melk tot dik en skuimerig.
Los die jellie en suiker op in die kookwater.
Voeg die jelliemengsel en grenadellamoes by die melk.
Pak die tennisbeskuitjies en vulsel in afwisselende lae in 'n bak.
Strooi fyngemaakte beskuitjiekrummels bo-oor.
Plaas in yskas tot gestol is.
Geniet dit.