Thursday 13 December 2012

Kerstyd met min moeite

Hoe gemaak as jy een klein oondjie het oor kerstyd en die hele familie is daar vir ete?
Hier is ‘n paar wenke wat dalk kan help:


1)      Vra die familie wat kom kuier om elk ook ‘n gereg of geregte saam te bring. 
2)      Vleis kan meestal die dag voor die tyd gaargemaak word en dan oornag in die yskas gehou word.
3)      Dink daaraan om eerder aartappelslaai te maak in stede van gebraaide aartappels.  Veral as jy in ‘n somer - kersfees gebied bly.
4)      Kook groente op die stoof plaat en hou die oond op kersdag vir geregte wat “gebraai” moet word.
5)      As jy ‘n braaiplek naby het, oorweeg dit om dalk ‘n skaapboud hierdie jaar in ‘n swartpot op die vuur gaar te maak.