Thursday 13 December 2012

Rose in potte

Rose sal floreer in potte solank jy mooi na hulle kyk.  Hier is 'n paar wenke wat jy gerus kan gebruik om suksesvol rose in potte te kweek in en om jou huis:

1)  Rose wat in potte staan benodig daagliks water.  (Maak seker jou potplant se dreinering is goed want jy wil nie hê jou plant moet in sopnat grond staan wat nie dreineer nie.)
2)  Hulle is ook geneig om baie voeding uit die grond te trek en moet dus ook gereeld elke 2 weke kos gegee word.  Jy kan kyk na opsies soos Ludwig's Vigorosa 5:1:5 of Wonder 8:1:5.
3)  Sorg dat jou rose in die mooiste en grootste pot is wat pas by die spesifieke area waar jy hulle wil plaas.  Dit sal die wortels help om gesond te groei.
4)  Knip gereeld die dooie blomme en blaartjies af sodat jou plant altyd mooi vertoon.
5)  Gee in die somer of lente vir jou plante 1 eetlepel epsomsout aangemaak met water, om gesonde plante en blare te verseker.