Thursday 13 December 2012

Oorskiet vrugtekoek roomys

Praktiese wenk vir kerstyd en daarna:
Wat maak jy met oorskiet vrugtekoek?  Nee moenie weggooi nie - hier is 'n oulike idee:

Neem oorskiet vrugtekoek en breek dit in stukkies of krummels, soos jy verkies.
Neem 1 bak vanilla roomys en laat smelt by kamer temperatuur.  (Belangrik moenie in mikrogolf ontdooi nie.)
Meng dan die vrugtekoek en roomys saam en indien jy daarvan hou, kan jy ekstra neute of kersies byvoeg.
Plaas weer in vrieskas en geniet jou roomys nagereg tot lank in die nuwe jaar.....