Thursday 22 November 2012

Vrugte en Heuningstafies



VRUGTE EN HEUNINGSTAFIES - Die Natanël Tafel
JY BENODIG
2 k hawermout
1 k rosyne
1 k sultanas
8 Weet-Bix-porsies, gekrummel
2 k gedroogde klapper
½ k gedroogde appelkose
½ k gedroogde appels
1½ k bruinsuiker, saamgepers
1 k heuning
1 k grondboontjiebotter
250g botter

METODE
Smeer 'n 24 x 37cm koekplaat. Meng die suiker, heuning, grondboontjiebotter en botter in 'n kastrolletjie. Roer deurentyd oor matige hitte sonder dat dit opkook totdat die botter en suiker gesmelt het. Laat opkook, verlaag die hitte, prut, roer deurentyd vir 5 minute of totdat die mengsel verdik. Meng die heuningmengsel met die droë bestanddele en vrugte, druk eweredig plat in die gesmeerde pan. Verkoel totdat dit stewig is voordat dit gesny word.