Thursday 22 November 2012

BOEREWORS, BRIE & BRIOCHE



BOEREWORS, BRIE & BRIOCHE - Die Natanël Tafel
JY BENODIG
6 groot of 12 klein brioche-broodrolletjies
(of sagte broodrolletjies)
2 t druiwepitolie
1 klein kool, fyngesny
1 wortel, fyngesny
1 rooi ui, fyngesny
1 t sojasous
2 t soetrissiesous
500g boerewors, oondgerooster
2 groot agurkies
ekstra soetrissiesous
vars pietersielie, fyngekap
brie kaas

METODE
Verhit olie in groot pan. Voeg kool, wortel en ui by. Braai oor hoë hitte tot gaar, maar steeds ferm. Roer sojasous en soetrissiesous by. Sny broodrolletjies oop. Skep die groente in die holte. Plaas stukkies boerewors bo-op. Rangskik snye brie bo-op. Garneer met dun repies agurgies. Bedruip met ekstra soetrissiesous. Sprinkel met pietersielie.