Thursday 22 November 2012

PYNAPPELDOOPSOUS

Hettie Weideman
Hier is 'n baie lekker doopsous:
PYNAPPELDOOPSOUS
1 Blik fyn (crushed) pynappel
1 Middelmatige ui baie fyn gekap of gerasper
1 Koppie fyn gerasperde cheddar kaas
1 Koppie mayonaise
Kondensmelk
Meng alles tot romerig, behalwe kondensmelk. Voeg nou kondensmelk na smaak by. Indien suurderig verkies gebruik min kondensmelk, in dien soeter verkies gebruik meer kondensmelk.