Vlierblom - die naam is byna so mooi soos dit lekker smaak.
(1 liter)
- 80 ml vlierblom-stroop
- 2 sitroengras-stingels, gekneus
- 1 suurlemoen, in skywe gesny
- 400 ml appelsap
- 600 ml sodawater
- hand vol origanum-takkies
- 200 g vars aarbeie
Voeg alles bymekaar en meng goed. Verdeel tussen glasbottels en verkoel tot yskoud. Pak in en geniet!
Wenk: As jy nie vlierblom-stroop kan kry nie, kook 250 ml suiker saam met 500 ml water. Geur met lemoenbloeisel-water.