Monday 19 November 2012

Jogurttert




Gebruik dieselfde geur jellie as jogurt vir hierdie resep. As jy die tert 'n ander geur wil gee, gebruik ongegeurde vingerbeskuitjies en pas die konfyt by die geur van die jogurt aan.
2 pakke vingerbeskuitjies, aarbeigeur
2 pakkies aarbeijellie
500 ml kookwater
500 ml aarbeijoghurt
1 blik kondensmelk
250 ml room, geklop
Bo-laag
250 ml aarbeikonfyt
Pak 1 pak beskuitjies in 'n enkellaag op die bodem van 'n gesmeerde tertbord. Maak die jellie met die kookwater aan en laat afkoel tot louwarm. Klits die jogurt en kondensmelk by en verkoel tot kamertemperatuur. Vou die room in. Skep die vulsel op die beskuitjies en maak gelyk. Verkoel tot stewig en pak die res van die vingerbeskuitjies bo-op. Smelt die aarbeikonfyt tot glad en skep 'n lagie bo-op die beskuitjies. Verkoel tot benodig.
Lewer een middelslagtert.
·  Variasie: Jy kan die tert met 'n Tennisbeskuitjie-krummelkors maak. Rooster dan klapper liggies in die oond of in 'n pan en laat afkoel. As die tert gestol is, sprinkel dit bo-oor.