Thursday 22 November 2012

Lekkergoed-bome




• groot roomyshorinkies
• rooi en wit lekkergoed, middeldeur gesny, indien nodig
• gesmelte witsjokolade
• deegkwassie
• dun karton
• kleeflint
1 Vou die karton om binne-in die horinkie te pas en sny dit sodat die horinkie regop kan staan. Plak die karton met kleeflint vas.
2 Verf die horinkie met gesmelte sjokolade. Begin onder en druk die lekkers in die sjokolade vas. Blaas met ’n haardroër oor die sjokolade as dit begin stol voor jy al die lekkers geplak het.


(Idees Tydskrif)