Thursday 22 November 2012

KERSIES IN BRANDEWYN


Christel Stephenson
 
by Sandra Saayman » Thu Jul 05, 2012 4:20 pm

500g vars kersies
gerasperde skil van ’n klein lemoen
1koppie suiker
genoeg brandewyn om die vrugte te bedek

Ontpit die kersies as jy wil.
Was en dreineer die kersies en prik elkeen sowat ses keer met ’n steriele naald.
Pak die kersies en repies varsgerasperde lemoenskil in een groot of 2 middelslag gesteriliseerde flesse tot so 2cm of 3cm
van die fles se bek.
Gooi die suiker oor en bedek met brandewyn.
Maak die flesse dig toe.
Bêre minstens 6 weke voor gebruik.
Dop die flesse daagliks om en draai hulle regop om die suiker te laat oplos.
Op ’n koel, droë rak sal dit minstens ’n jaar hou.
Dien op met roomys of gebruik die gedreineerde kersies as nagereg en die vloeistof as likeur ná ete.