Thursday 22 November 2012

DONKERSJOKOLADE EN KERSIE TRUFFELS

Christel Stephenson
 
by Sandra Saayman » Wed Jul 11, 2012 5:19 pm

Idees

170 g donkersjokolade van goeie gehalte - 50 % - 60 % kakao
100 ml room
20 ml sagte botter
55 g kersies - gekap - indien verkies kan jy die kersies in kersielikeur laat week
kakaopoeier en gekapte neute vir rol

Kap die sjokolade in klein stukkies en gooi dit in ’n mengbak.
Verhit die room tot kookpunt en gooi dit oor die gekapte sjokolade.
Wag 2 minute en roer dit liggies tot gemeng.
Voeg die botter en kersies by die sjokolademengsel en meng dit.
Sit dit in die yskas tot ferm.
Rol die mengsel in klein bolletjies en rol dan elke bolletjie in kakao of gekapte neute totdat dit mooi eweredig bedek is.