Thursday 22 November 2012

AARTAPPELKOEKIES MET KRUIE




AARTAPPELKOEKIES MET KRUIE - Die Natanël Tafel
JY BENODIG
500g jong aartappels
1 k koekmeelblom, gesif
2 e druiwepitolie
1 e gekapte grasuie
1 e gekapte pietersielie
1 e gekapte dille
pasgemaalde sout en swartpeper
blatjang
soetrissiesous
tamatie-rissiekonfyt

METODE
Kook die aartappels in 'n pot soutwater vir 20 minute. Dreineer goed. Sit die aartappels terug in die skoon pot en druk deeglik fyn. Voorverhit 'n pan oor lae hitte. Voeg die koekmeelblom, olyfolie en gekapte grasuie, pietersillie en dille saam met 'n knippie sout en peper by die warm, fyngedrukte aartappels in die pan. Meng tot 'n sagte deeg. Rol die deeg op 'n werkvlak wat goed met meel bestuif is tot 5mm dik uit, en druk sirkels met 'n deursnee van 5cm met 'n gladderand-koekiedrukker uit die deeg. Braai die koekies, 'n paar op 'n slag, stadig in die pan vir sowat 10 minute, totdat hulle goudbruin aan albei kante is. Hou die hitte laag. Bedien met verskillende blatjangs en konfyte.