Monday 22 October 2012

WILDSPASTEI




JY BENODIG
2kg wildsvleis, in blokkies van
1,5cm x 1,5cm opgesny
1 e groente- of druiwesaadolie
200g spek, in blokkies gekap
1 k rooiwyn
3 takkies roosmaryn
3 takkies tiemie
2 wortels, gekap
2 seldery stele, gekap
1 groot ui, gekap
4 knoffelhuisies, gekap
4 e koekmeelblom
2 e brandewyn
2 eiers
METODE
Verhit die olie in ’n braaipan en verbruin die vleis vir 25 minute. Plaas in oondbak. Verbruin spek in pan en gooi oor wildvleis. Voeg kruie, wortels, seldery, ui en knoffel by, geur met sout en peper. Bedek en bak in oond vir 2 ure teen 150˚C. Haal vleis uit oond en laat afkoel, sny in blokkies. Meng 2 eetlepels koekmeelblom by sous en verhit op plaat. Voeg brandewyn by en laat kook tot sous verdik. Verwyder mengsel van hitte, roer die vleis by en skep in 8 ramekins. Smelt 2 eetlepels botter, en voeg by 2 eetlepels koekmeelblom in ’n mengbak. Meng tot ’n pasta. Voeg die eiers by en meng goed. Geur liggies met sout en skep oor vleis. Bak in oond vir 30 minute teen 180˚C.

Die Nataniël Tafel