Monday 22 October 2012

HANGOVER-SLAAI




JY BENODIG
2 eiers
3 e organiese olyfolie
1 suurlemoen
1 e poppiesaad
200g baba spinasie
200g bronkors
100g sagte bokmelkkaas
100g gerookte salm
100g Prosciutto
METODE
Begin deur die 2 eiers te poseer. In ’n mengbak, meng olyfolie, suurlemoensap en poppiesaad en klits totdat die mengsel goed gemeng is. Plaas spinasie en bronkors op ’n bord en gooi die slaaisous net oor die groen blare. Rol salm en Prosciutto op en plaas op die blare. Sny die bokmelkkaas in klein skyfies en plaas tussen die salm en Prosciutto. Sodra die eiers gereed is verwyder uit die water en plaas in die middel van die slaai. Sprinkel slaai met varsgemaalde swartpeper.


Die Nataniël Tafel