Monday 22 October 2012

PIESANGS IN RUM




JY BENODIG
9 piesangs, afgeskil en in dik, skuins skywe gesny
120g bruinsuiker
310ml lemoensap
pas gerasperde neutmuskaat na smaak
½ kaneelstokkie, in stukkies gebreek
3 e bruinsjerrie
4 e rooi rum
2 e botter
METODE
Voorverhit die oond tot 120˚C. Pak die piesangskywe in ’n gesmeerde oondbak. Giet die sap, sjerrie en rum daaroor. Strooi suiker en speserye daaroor. Stip met stukkies botter. Bak totdat die piesangs sag is. Bedruip dikwels. Skep die piesangs uit die bak op warm borde. Giet die sous in ’n pan en kook lekker dik af oor hoë hitte. Bedien met roomys. Giet die warm sous bo-oor en rondom die piesangs. Bedien dadelik op.


Die Nataniël Tafel