Monday 22 October 2012

Visvingerpastei




visvingers
vars room
sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel
gerasperde kaas

Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak. Versprei blik tamatie en uie eweredig oor visvingers. Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers. Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180C.