Monday 22 October 2012

Aarbei-blatjang




Dié blatjang is lieflik op 'n kaasbord saam met veral camembert-kaas, of geniet dit as 'n bykos saam met jou etes.

Maak: sowat 5 klein flessies

1 kg vars aarbeie, blare verwyder en in kwarte gesny
400 g suiker
375 ml appelasyn
6 kardemomsade
1 ster-anys
1 kaneelstokkie
6 naeltjies
6 swartpeperkorrels
1 rooi rissie, ontpit en gekap (opsioneel)
5 ml gerasperde vars gemmer
3 middelslag-uie, middeldeur en in dun skyfies gesny gerasperde skil en sap van
1 suurlemoen

1 Gooi al die bestanddele, behalwe die aarbeie en suurlemoensap en -skil, in 'n groot kastrol met 150 ml water.

2 Verhit dit liggies totdat die suiker opgelos het, verhoog die hitte en laat dit prut vir 40 minute of tot die mengsel verdik het en 105 ºC op 'n termometer is.

3 Voeg die aarbeie by en kook dit vir 25 minute of tot verdik. Voeg die suurlemoensap en -skil by en kook dit vir 'n minuut. Skep dit in warm, gesteriliseerde flesse. Hou dit in die yskas nadat dit oopgemaak is.