Monday 29 October 2012

VIS MET WITWYN & KRUIE




Die Nataniël Tafel

JY BENODIG
30g vars pietersielie
30g vars basiliekruid
30g vars tiemie
30g vars dille
1kg vars wit vis van keuse
(kan heel vis of porsies wees)
1/2 k droë witwyn
growwe seesout
2 e gemengde peperkorrels
METODE
Verhit oond tot 180˚C. Plaas kruie in die middel van ’n groot vel dik foelie. Plaas vis bo-op. Vou kante van die foelie op en gooi wyn oor vis. Verseël deeglik, bak in oond vir 30 minute. Sit voor met jong aartappels.