Monday 29 October 2012

FRAMBOOS EN GRENADELLA CHINCHILLAS




Die Nataniël Tafel

JY BENODIG
2 e sagte botter
5 eierwitte
150g strooisuiker
2 grenadellas
6 k vars frambose
1 k laevet, voorafbereide (gekoopte)
vla uit ’n kartonnetjie
afgeroomde melk, soos benodig
versiersuiker om mee te versier
METODE
Voorverhit die oond tot 180˚C. Verf ’n sigbare laag botter met ’n kwas in vier 300ml souffle-bakkies(ramekins). Klits die eierwitte in ’n mengbak tot ferm. (Jy kan ’n elektriese klitser gebruik.) Voeg die strooisuiker, bietjies-bietjies by en klits tot ’n ferm meringue-mengsel. Halveer die grenadellas, skep die pitte uit met ’n lepel en vou in die meringue-mengsel. Skep die meringue uit in die vier voorbereide bakkies, plaas hulle in ’n diep braaipan wat halfvol kookwater is en bak vir sowat 10 minute tot ferm. Keer die chinchillas uit op afsonderlike borde. Skep die vars frambose bo-op die chinchillas. Verdun die vla met ’n bietjie afgeroomde melk en giet rondom die chinchillas. Strooi met versiersuiker en dien warm of koud op.