Monday 8 October 2012

Rooi-Rooi Koekstruif




Rooi-Rooi Koekstruif - Nataniël Tafel

Anders as gewoonlik word hierdie koekstruif gemaak net voor dit voorgesit word.

• 250 g mascarponekaas
• 2 eetlepels strooisuiker
• 2 eiers, geskei
• 1 eetlepel brandewyn
• 400 g pitlose rooidruiwe
• 250 g vars gemengde rooibessies
• 2 eetlepels soetwyn
• 2 koppies vanieljevla (gebruik ’n vla wat nie te soet is nie)
• 1 koppie amaretti-koekies, grofgebreek• ½ koppie okkerneute, grofgebreek

Klits mascarponekaas, strooisuiker en eiergele saam tot glad. Voeg brandewyn by en meng. Klits die eierwitte styf en vou in die mascarponekaas-mengsel. Bedek en verkoel. Pak vrugte in ’n groot glasbak en besprinkel met soetwyn. Gooi vla oor. Sprinkel koekies en neute bo-op. Skep mascarponekaas-mengsel laaste op. Sit dadelik voor.