Monday 8 October 2012

HOENDER IN WITWYN





HOENDER IN WITWYN - Nataniël Tafel

JY BENODIG

6 hoenderdye (met of sonder vel)
sout en swartpeper
1 e botter
1 k hoenderaftreksel
2 uie
250g gekapte spek
1 pakkie bruin sampioene
1 k witwyn (Chenin Blanc)
1 k meelblom
vars tiemie

METODE

Voeg sout en peper by die meelblom. Rol die hoenderdye in die meelblom. Braai botter in ’n pan oor medium hitte. Voeg hoender in pan en braai tot liggies bruin. Pak die hoenderdye in ’n oondvaste braaibak met deksel. Strooi varsgekapte tiemie oor die hoender. Kap die twee uie rof en braai in dieselfde pan. Voeg gekapte spek by. Braai liggies om geur te kry en strooi bo-oor die hoender in die braaipan. Braai nou die bruin sampioene ook in dieselfde pan. Voeg by die hoendergereg. Laastens gooi een koppie witwyn en een koppie hoenderaftreksel oor. Plaas deksel op die oondvaste bak en bak in oond vir een uur tot een en ’n half uur teen 170°C.