Tuesday 9 October 2012

LINGUINE MET JONGTAMATIES





LINGUINE MET JONGTAMATIES - Die Nataniël Tafel

• 600 g jongtamaties, heel of gehalveer
• 1 eetlepel druiwepitolie
• 500 g rou linguine- of penne-pasta
• 200 g jongspinasieblare
• seesout
• varsgemaalde swartpeper
• olyfolie
• parmesaankaas
• vars kruie soos tiemie of basiliekruid

Verhit oond tot 180 °C. Pak tamaties in oondpan. Sprinkel met druiwepitolie en bak in oond tot velletjies net bars. Kook pasta volgens aanwysings tot al dente. Dreineer en gooi in opdienbak. Voeg tamaties en spinasie onmiddellik by sodat spinasie effens verwelk. Geur met sout en peper. Bedruip mildelik met olyfolie. Garneer met dun skyfies parmesaan en vars kruie. Sit dadelik voor.