Monday 22 October 2012

Heuning en Basiliekruid Skons

12-15 Skons
Voorbereidings tyd: 20min
Baktyd: 12-15min

Bestanddele:
3 koppies (275g) koekmeel
1 eetlepel (15ml) bakpoeier
1 teelepel (5ml) koeksoda
½ (2.5ml) teelepel sout
¾ koppie (170g) koue ongesoute botter, in klein blokkies gesny
1 kop vars basiliekruid blare in fyn repies gesny
1/3 kop (80ml) heuning
¾ kop (180ml) karringmelk
1 eier
50g botter
½ koppie (125ml) heuning
2 koppies (320g) aarbeie, in kwarte gesny
150ml room styf geklits

Metode:
Skons
1. Voorverhit die oond tot 200°C.
2. Voer n bakplaat uit met waspapier.
3. In n groot mengbak, meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Vryf die koue botter in met jou hande totdat dit soos growwe brood krummels lyk. Meng die fyn gekapte basiliekruid daarby in.
4. In n klein bak, meng die heuning en karringmelk klits baie goed saam met n draad klitser. Voeg die eier by en klits goed tot alles deeglik saam gemeng is.
5. Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng versigtig met n houtlepel tot alles net-net gemeng is. Die deeg lyk bietjie krummelrig en half gemeng maar dis reg so. Moenie dit te veel meng nie. (As die mengsel te nat is voeg so eetlepel meel ekstra by om te bind)
6. Plaas deeg op n meelbestrooide werkoppervlak en druk dit in n reghoekige vorm met jou hande tot 1cm dik. Vou een derde na die middel toe en dan die ander derde ook oor die middel. Rol dan die deeg uit tot so 2.5cm dik. Druk dan skon uit met n skon drukker of met n drink glas.
7. Plaas die skons op die uitgevoerde bakplaat. Bak vir 12-15min of tot goudbruin. Sit dadelik voor saam met die verglansde aarbeie en room. Geniet! Verglansde aarbeie 1. Plaas die heuning en botter in n klein kastrol. Smelt saam oor medium-lae hitte totdat die mengesel begin kook.
2. Voeg die aarbeie by en roer deur sodat al die aarbei goed bedek is. Plaas mengsel in n glas bakkie en bedien saam die basiliekruid skons.


Die Nataniël Tafel