Monday 22 October 2012

BLOEIENDE HARTE





JY BENODIG
½ k botter
½ k strooi suiker
2 eiers
100g sjokolade
½ koppie meel
1 t vanielje-ekstrak
1 klein rooi rissie
METODEVoorverhit oond tot 180˚C. Room botter en suiker met ’n vurk. Voeg 2 eiers by, 1 op ’n slag. Voeg meel by en roer deeglik. In ’n glasbak, smelt sjokolade oor ’n pot met kokende water. Sny klein rooi rissie baie fyn en plaas in sjokolade sodra dit gesmelt is. Laat sjokolade effens afkoel en voeg by deegmengsel. Skep in hartvormige silikoon pannetjie. Plaas pannetjie op ’n bakplaat en plaas in die oond vir 5–7 minute totdat die buitekant gaar is maar die binnekant nog effens rou is. Verwyder uit die oond en laat dit staan vir 1 minuut. Verwyder uit pannetjie en strooi met versiersuiker deur ’n klein teesif.


Die Nataniël Tafel