Monday 22 October 2012

FRANSE UIETERT




JY BENODIG
1 pak gekoopte skilferkors deeg
4 uie
1 e botter
200g Gruyere
paar takkies vars tiemie
1 eier
METODEPlaas gekoopte skilferkorsdeeg op ’n bakplaat en sny oortollige deeg af. Prik die deeg met ’n vurk. Sny liggies om die rand van die deeg met ’n mes omtrent 1cm van die kant af. Plaas die botter en gesnyde uie in ’n pan op baie lae hitte vir tussen 45 minute en ’n uur totdat die uie gekarimaliseer het. Deel die deeg in 3 dele in die lengte en plaas 2 rye van die vulsel in 2 van die derdes. Sny kaas met ’n groente skiller en plaas bo-op die vulsel met die vars tiemie. Verf die geklitste eier met ’n kwassie al om die rand en ook waar die deeg omgevou en geplak gaan word. Vou nou die 1 derde sonder vulsel om die ry uie in die middel te bedek en verf die buitekant ook met geklitse eier. Bak tert in ’n warm oond tot goudbruin.


Die Natanël Tafel