Thursday 13 September 2012

Vakansie pret met handpoppe

Handpoppe kan die kinders weer heerlik laat speel en lag.  Dis ook 'n lekker manier om hulle besig te hou in die skoolvakansie tyd.  Dood gewone papiersakkies verander in vrolike gesiggies en ou skool sokkies verander in vergeet-my-nie-honde-bekkies.  Hoe gemaak?

Loer by 'n skryfbehoefte of "craft" winkel in.  Baie van die winkels verkoop deesdae "craft"-pakkies wat al die goed in het wat mens benodig.  Die sakkies het gewoonlik ogies, vere en bolletjies en kraletjies in.  Als wat nodig is om te versier en verder koop jy net sakkies of gebruik die ou sokkies wat nie meer maats het nie.  Dis ure se pret.