Thursday 13 September 2012

CALAMARI MET BRANDRISSIES EN ROKETSLAAI




4 rooi brandrissies, pitte verwyder, in repe gesny
1kg calamari tentakels en buise                          
50ml olyfolie
sap van 1 suurlemoen                                      
2 hande vol vars roket       
2ml sout                                                        

2ml varsgemaalde swartpeper

Verhit die olyfolie in 'n groot pan tot baie warm. (Daar kan so 'n rokie begin trek.) Braai die calamari en die brandrissies saam vir sowat 10 minute. Haal van die stoof af en gooi die suurlemoensap oor. Geur met sout en swartpeper. Laat afkoel. Sit 'n bietjie vars roket in klein bakkies en sowat 3 tentakels en 3 calamaribuise bo-op. Jy kan nog 'n bietjie olyfolie bo-oor gooi. Lewer 4 porsies.