Tuesday 11 September 2012

servethouers




Gebruik jou helderkleurige oorskietbreidraad en hekel ’n stel servethouers.
Hekel elke medaljon in drie teenstellende kleure in rondtes van kortbeen of halwe langbeen.
Gehekelde motiewe
Blommotiewe

Met 3,25 mm-hekelpen en eerste kleur breidraad, hekel 4 ks, las met ’n gls om ’n ring te vorm.
1e rdte: hekel 10 hlb in die ring. Knip eerste kleur af en las tweede kleur breidraad aan.
2e rdte: hekel 2 ks, hlb in dieselfde spasie, hekel 2 hlb in elke hlb in die ring. Daar moet 20 hlb wees.
3e rdte: steek die pen slegs in die voorste lus van die steke, * 3 ks, 1 lb in onderkant van 3 ks, 2 lb in elk van vlg 2 ste, (1 lb, 3 ks, gls) in vlg hlb, gls in vlg hlb; her van * nog 4 keer.
Trek breidraad deur laaste st om af te heg en knip draad af. Daar is vyf blomblare.
Gaan so voort om nog blomme in verskillende kleure te maak. Ronde motiewe
Met 3,25 mm-hekelpen en eerste kleur breidraad, hekel 4 ks , las met ’n gls om ’n ring te vorm.
1e rdte: hekel 10 hlb in die ring. Knip eerste kleur af en las tweede kleur breidraad aan.
2e rdte: hekel 20 hlb in die ring.
3e rdte: hekel 40 hlb in die ring. Knip tweede kleur af en las derde kleur aan.
4e rdte: hekel 80 hlb in die ring. Dit stel die volgorde van die patroon vas. Jy kan die ronde motiewe so groot maak soos jy wil en die kleure na willekeur verander aan die einde van ’n rdte.
Hekel elke medaljon omtrent 5 cm in deursnee. Gebruik verkieslik vierdraadbreidraad, aangesien jy ’n hele paar rondtes sal kan hekel en meer detail skep voordat jy afheg. Jy het agt medaljons vir elke servethouer nodig. Vir ekstra kleur, maak twee houers per servet, soos op die foto. Werk die los punte aan die agterkant van die werk weg. Sit die voltooide medaljons in ’n ry neer en werk dit netjies aan mekaar – werk die buiterande waar die medaljons bymekaarkom met ’n paar glipstekies vas. Wanneer al agt aan mekaar gewerk is, werk die eerste en laaste medaljons aan mekaar om ’n buis te vorm. Vou die servette plat sodat dit presies in die gehekelde servethouer pas, pars dit en trek die houer oor die servette.

(Idees)