Tuesday 11 September 2012

Lemoen of Gemmerkaaskoek





Jy kan ook ‘n lemoen-kaaskoek maak deur die fyn gemmer uit te laat en dit met 15ml gerasperde lemoenskil te vervang. Sit voor met verglansde sitrusskil.

Genoeg vir: 8-12
Oondtemperatuur: 180°C

• 200g sjokolade-semelkoekies
• 80g gesmelte botter
• 200g donkersjokolade
• 2 bakkies (400g) volroom-roomkaas
• 250ml suurroom
• 3 groot eiers
• 30ml koekmeel
• 5ml fyn gemmer
• 110g (125ml) strooisuiker
• verglansde gemmer vir voorsit

1 Pols die semelkoekies in ’n voedselverwerker tot dit fyn krummels is. Voeg die gesmelte botter by en meng goed. Skep die mengsel in ’n 23cm-losboompan en druk dit met die agterkant van ’n lepel glad.

2 Smelt die sjokolade in ’n glasbak bo-oor ’n pot water wat liggies prut. Roer af en toe.

3 Klits die roomkaas en suurroom in ’n bak tot glad. Voeg die eiers, koekmeel, gemmer en strooisuiker by. Meng dit goed voordat jy die gesmelte sjokolade bygooi.

4 Gooi die vulsel oor die beskuitjiekors en bak vir 45 tot 60 minute of tot die vulsel net-net begin stol.

5 Haal dit uit die oond en gebruik ’n dun messie om die koek van die pan se rand los te sny. Laat die kaaskoek dan in die pan afkoel.

6 Sit die kaaskoek voor met ver- glansde gemmer bo-op.

(Idees)