Thursday 6 September 2012

'n Boom wat nie mors nie.

Ek dink ek het dalk die ideale boom vir jou gevind as jy ‘n boom soek wat…………….nie bessies dra wat mors nie, nie blare afgooi in die herfs nie, nie blomme afgooi wat die wereld vol gaan lê nie………. 

So:  Jy soek ‘n “evergreen” wat min onderhoud verg? 
Kom ek gee jou my keuses / voorstelle:

Al drie van die opsies sal vir jou iets gee wat jy in die kombuis kan gebruik – dis mos ‘n bonus waarmee jy kan spog by jou vriende wanneer jy weer onthaal en saam kuier.

Keuse Nr 1:  Kan gesnoei word in ‘n vorm (bv. daardie oulike bolletjie boompies wat jy altyd op prentjies sien) of die boom kan gelaat word om in ‘n bos te groei of jy kan hom hoogstam snoei (bedoelende ‘n skoon stam onder met ‘n normale”boom vorm” bo).  Hulle raak egter nie “reuse” bome nie en kan selfs in potte gegroei word.  Beste van alles?  Jy kan sy blare in jou kos gebruik om heerlike smaak te lewer.  (Skaapboud en bredies, is perfek met hierdie blaartjies daarin.)  Sy naam:  Laurus Nobilis of te wel Die Lourierboom.  (Sien fototjie)

“Laurus nobilis plants are the source of culinary bay, a handsome tree that grows throughout the Mediterranean. This herb has a flavor and aroma that is mildly spicy and warm, and seems to pull other savory flavors together in soups, stews and sauces. Usually, the tough leaf is left whole and should be removed before serving.”  In Suid Afrika kan mens ook beslis nie Beboti maak sonder lourierblare nie.

Nr 2:  ‘n Ander opsie is dalk ‘n Olyfboom – ook evergreen.  Dis net die olywe wat sal afval as jy hulle nie gebruik nie, maar andersins baie oulike boompies wat nie blare afgooi nie.  (Ook Meditereens van geaardheid as jy hou van die styl, en sal pragtig lyk saam met Lavender plante in jou tuin.)

Nr 3:  Ja en dan beveel ek altyd ‘n Sitrus boom aan (Pomelo, Lemoen, Nartjie, Lemmetjie, Suurlemoen – enige van hulle), want hulle is ook evergreen en het min sorg nodig.  Hulle gee vir jou gratis vrugte wat jy kan gebruik in “summer cocktails” en dra blommetjies wat ongelooflik ruik, maar nooit so erg mors dat dit bv. ‘n grasperk onnet sal laat lyk nie.  Die blommetjies is klein en slegs die “blaartjies van die blommetjies” is al wat afval – baie klein. 

Hoop hierdie drie idees help bietjie met die soektog na ‘n boom vir jou tuin.  Plant een en probeer net…..