Friday 7 September 2012

Resep vir Snackle Yster Vormpies



Hannetjie Pretorius
Hier is my snackle yster wat ek al jare het.
Corne Van Zyl
Snackle Resep vir sout vulsels
1 eier
1/2 kop melk
1/2 kop water
Knippie sout en peper
1 kop hoogvol meel

Metode
Klits eier melk en water goed saam. Voeg meel sout en peper by. Klits verkieslik met ‘n elektriese klitser totdat mengsel goed gemeng is. Indien die mengsel te dik is kan jy nog bietjie water byvoeg.

Indien verkies kan 1/2 tl Marmite in koue water opgelos word en by die beslag gevoeg word vir ekstra smaak. Jy kan ook vleisekstrak of kerrie en asyn na smaak bygooi indien verkies.

Hierdie mengsel maak ongeveer 2 – 3 dosyn doppies.

Snackle resep vir soet vulsels
Meng soos bogenoemde mengsel maar laat die peper weg en voeg suiker by na smaak. Indien die beslag te dun is kan jy klein bietjie meel byvoeg.
 
Vir die wat nie weet hoe om die Shacke te gebruik nie:Gebruik Snackle so:
Verhit olie in ‘n kastrol wat wyd genoeg is vir Snackle om in te pas. Olie moet so ongeveer 10 – 15cm diep wees. Dis belangrik om die Snackle en die olie tesame te verhit. Verwyder die Snackle uit die olie en laat oortollige olie afdrup. Druk Snackle in die deeg en beweeg rond totdat die deeg aan die vormpies vasklou. Die deeg moenie oor die rand van die vorms loop nie. Jy kan ook oortollige olie aan ‘n lap of kombuispapier afvee maar moenie te veel verwyder nie anders gaan die doppies aan die vormpies vassit as hulle gaar is. Sit nou Snackle met deeg terug in die olie vir ongeveer 20 – 30 sekondes. Die doppies is ligbruin en bros as hulle gaar is. As die doppies effens vassit kan jy dit liggies met ‘n vurk afdruk. Die olie moet redelik warm wees maar ook nie te warm nie anders sal die doppies geneig wees om te brand en pap te word.

Wanneer die deeg te min word om die Snackle daarin te doop, gooi die deeg uit in 'n koppie. Verwyder die middelste vormpie (kan gewoonlik afgeskroef word) en doop dan eers die voorste en dan die agterste vormpie in die deeg en bak dan in olie.

BELANGRIK: Moenie die Snackle oplig om te sien wat aangaan of wanneer jy dit uit die olie haal nie anders val die doppies dalk af in die olie. Help die middelste vormpie effens met 'n vurk en draai die Snackle onderstebo en laat die oortollige olie afdrup