Monday 17 September 2012

Kersfees - kruie en speserye geskenk

Maak jou eie kruie of spesery mengsel en gee dit as geskenk vir iemand saam met ‘n resep wat jy weet ‘n treffer is. 

Hieronder is ‘n voorbeeld, maar dis dalk ‘n goeie idée om te kyk na wat werk in jou kombuis.  Gebruik daardie kombinasies wat jy in jou treffer geregte gebruik. 

Meng die kruie in ‘n bak en gooi oor in ‘n glas potjie.  Rond af met ‘n naam plakkertjie of sommer net ‘n lint met ‘n kaartjie.  (Jy kan selfs ‘n lepeltjie by sit om dit bietjie meer spesiaal te maak.)

Voorbeeld.:  Vir Kerrie
(ons praat nou sommer so engels en Afrikaans deurmekaar – vergewe tog.)
1 Eetlepel van elk van die volgende kan saam gemeng word:
Peper, Fyn Naeltjies, Kaneel, Fyn Koljander, Gemmer, Tumeric en Cumin.


Wenk:  Onthou wanneer jy die kruie meng, moet jy sorg dat alles baie droog is anders kan dit ‘n redelike gedoente afgee wanneer alles aan mekaar begin vassit.