Friday 7 September 2012

GEBAKTE SOUT KAASKOEK



Dis baie ryk; sny dit dus in dun skywe en sit dit voor saam met ’n ligte slaai van jou keuse.

Genoeg vir 1 kaaskoek
Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

KORS

200 g (1 pakkie) Cream Crackers
100-125 ml botter, gesmelt

VULSEL
4 ekstra groot eiers
30 ml (2 e) vars suurlemoensap
100 g pecorino, gerasper
100 g bloukaas, gekrummel
3 bakkies (250 g elk) geroomde maaskaas
125 ml (½ k) koekmeel
30 ml (2 e) olyfolie

VERSIERING
20 ml botter
250 g kersietamaties
growwe sout
250 ml (1 k) basilieblare

KORS
Plaas die beskuitjies in ’n voedselverwerker en pols tot fyn. Giet die botter by en pols liggies tot gemeng.
Skep die krummels in ’n 24 cm-veerklamppan en druk plat met jou hand. Laat rus in die yskas.

VULSEL
Voorverhit die oond tot 180 °C en klits die eiers tot lig.
Roer die res van die vulselbestanddele by en giet in ’n voorbereide tertpan.
Bak sowat 1 uur tot stewig en laat die koek in die oond afkoel.

VERSIERING
Verhit intussen die botter en braai die tamaties tot hulle oopbars. Geur met sout.
Skep die tamaties op die kaaskoek en sprinkel die basilieblare oor.

(Huisgenoot)